Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Radio KC luistertal groei

Radio KC luistertal groei
 
2008-06-26


DIE plaaslike gemeenskapsradiostasie, Radio KC, se luistertal het met 12 000 gegroei binne twee maande.

Volgens die opname wat deur Suid­Afrikaanse Advertensie en Navorsingstigting gedoen is, beklee Radio KC nou die vyfde posisie op die lys van gemeenskapsradiostasies landwyd.

Radio KC het vir die afgelope jaar die sesde posisie beklee en met die skuif na die vyfde posisie radiostasies soos Bushradio, wat alom bekend is as die moeder van gemeenskapsradio, Walley FM in Worcester, Radio Helderberg en Radio Tygerberg laat les opsê.

Radio KC het volgens die nuutste syfers ’n gemiddelde van 14 000 luisteraars op ’n dag.

Die luistertal Maandae to Vrydae het met 11 000 verhoog, Saterdae met 12 000 en Sondae met 9 000 gestyg.

Radio KC stasiebestuurder Esmeralda Meyer het die nuwe syfers verwelkom en dit toegeskryf aan goeie spanwerk en getroue luisteraars.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za