Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skool op Hermon kom tot sy reg

Skool op Hermon kom tot sy reg
 
2008-06-26


NADAT die skool vir jare op twee persele geboer het, het Rondeheuwel Primêr op Hermon nou uiteindelik al sy skapies in een hok.

Die gebou is uitgebrei om vir al die leerlinge op een perseel voorsiening te maak. Die nuwe gebou is onlangs met glans en swier ingewy, met gaste wat van heinde en ver gekom het om die geleentheid te vier.

Die blydskap van die kinders oor hul mooi nuwe skool is uitgebeeld in ’n gedig wat een van die leerders, Adriaan Swartz (graad vyf), oor die geleentheid geskryf het:

Onder skool,

bo skool,

nuwe skool

Vir jare was ons skool

in twee kampe verdeel.

Bo skool, onder skool

en nou uiteindelik een.

Die gewag en gewag

Laat ons almal nou lag

Want in ‘n pragtige huis

is ons nou maklik tuis

Die opvoeders het nie laat wag

getrek en gepak.

Disneyland, Dolphin Bay, Fairyland

Sunshine Harbour, Butterfly World

Out of Africa en The Young Ones

is ‘n Tuiste wat jou na

jou asem laat snak.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za