Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eggo's van slawe op die planke

Eggo's van slawe op die planke
 
2008-06-26


VIER slawe, Lea van die Kaap, haar dogters Emilie en Steyntje, asook Carel Pilgrim kom maak binnekort ’n Paarlse draai.

Hulle is die vier slawe wie se storie vertel word in Eggo’s/Echoes, ’n toneelstuk wat by vanjaar se KKNK bekend gestel is en op Vrydag 4 Julie om 19:00 in die Paarlse stadsaal aangebied word.

Denise Newman, beter bekend as Dalene in Sewende Laan en vir haar rolle in Onder Engele, Erfsondes, Generations, Isidingo en Fishy Fęshuns, speel die hoofrol.

Die ander akteurs is Bronwen van Graan, Lavona de Bruyn en Royston Stoffels.

Die Delta Optel Band tree dié aand ook op.

Hulle is ’n groep musikante wat almal op die wynplaas Solms-Delta, tussen die Paarl en Franschhoek, woon.

Die lede van die Delta Optel Band is Hannes Floors, die sangers Lolla Douw en Felicia Williams, wat albei 14 jaar oud is, en Alex van Heerden op trekklavier.

Die produksie is geďnspireer deur die boek Echoes of Slavery deur Jackie Loos, asook deur haar koerantrubriek The way we were.

Die verhoogteks is geskryf deur Stoffels, wat ook vir die musiek verantwoordelik is. Die vertoning sluit verskeie slaweliedjies in, soos Dis ’n Nuwejaar; Emma ko lę maar; Kinners, moenie innie water mos nie; Januarie, Februarie, Maart…; Die paadjie na die kramat toe; Solank as die rietjie innie water lę, asook gesange soos The Lord is my Shep­herd en Amazing Grace.

Die geleentheid is ’n fondsinsameling vir Het Gesticht en die Afrikaanse Taalmuseum en van die eregaste wat die spogaand gaan bywoon, is ds Allan Boesak en sy vrou Elna.

Kaartjies kos R80, wat ’n ligte ete en wyn insluit en is beskikbaar by Die Afrikaanse Taalmuseum.

Skakel 021-872-3441 of Paarl Info by 021-872-4842.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za