DIE Beacon of Light Jeug nooi alle jongmense uit na hul jeugweek vanaf 29 Junie tot 6 Julie wat aangebied word by die blou en wit tent in St Georgestraat, Weltevrede, Wellington.
Die tema is: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees.
Die jeugweek skop af Sondagaand met lofprysing en aanbidding met pastoor André Hendricks.
Die res van die week se program sal deur pastore Eben Mouries (Maandag), Anthony Mars (Dinsdag), Randall Dickson (Woensdag) en Evang Miles (Donderdag) gelei word.
Vrydagaand is Talente-aand en Saterdagoggend is ’n opelugdiens en uitreiking om 10:00 in Leonstraat.
Vir navrae, skakel Anthea Douman by 073-523-4568 of Deon Abrahams by 083- 874-6123.