Daar is lekkertes by hierdie oase
2008-06-26
DIE Oase Dienssentrum in die Paarl bied dienste aan vir alle senior burgers vanaf 60 jaar en ouer en gestremdes in die Noorder-Paarl omgewing. Uitstappies word gereël vir dié bejaardes en gestremdes wat gemaklik en sonder hulp kan stap. Dienste sluit in etes, haarkappery, fiksheidsklasse, bloeddrukkingmeting en voetklinieke. Aansit- en wegneemetes word op weeksdae verskaf, wat ook geneem word na siekes, bedlêendes en dié wat nie vervoer het nie. Bestellings moet betyds geplaas word, verkieslik die vorige dag of voor 09:00 die oggend. Daar is ook ’n biduur elke Woensdag om 10:00 in die saal aangebied deur Paarl leraars en elke tweede Donderdag tussen 10:00 en 10:45 tree ’n sanggroep op in die saal. Daar is ook haarsalondienste beskikbaar Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 17:00 en Saterdae op aanvraag. Fiksheidsklasse word aangebied in die saal Donderdae tussen 08:15 en 09:00 in die somer en tussen 08:45 en 08:30 in die winter. Elke tweede Dinsdag tussen 09:00 en 10:00 is daar ’n bloeddrukkliniek en biblioteekdienste is beskikbaar elke tweede Donderdag tussen 09:15 en 10:00. Voete- en skoonheidsklinieke is tweeweekliks op Maandae tussen 08:00 en 13:00 op afspraak. Tuisversorgingsdienste is ook beskikbaar soos benodig en betaling geskied per uur. Huishulpdienste is ook beskikbaar Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 13:00. Bespreek en betaal R60 per oggend of R12 per uur ná 13:00 aan die werker self. Besoeke aan ouetehuise kan gereël word deur die ACVV kantoor te skakel by 021-871-1515, Rusoord 021-872-1982 en Huis Vergenoegd 021-870-3304. Rolstoele en looprame is ook te huur by die sentrum vir kort tydperke teen ’n donasie. Vir meer inligting oor die Oase Dienssentrum, skakel Ilze Potgieter by 021-871-1518.
More
News
|