Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Deposito-foefie laat slegte smaak

Deposito-foefie laat slegte smaak
 
2005-07-07


BESIGHEIDSLUI in die Paarl is eenvoudig te goedgelowig en bedrieërs kom met een na die ander foefie weg.

So meen polisiebeamptes nadat vyf besighede verlede maand derduisende rande verloor het met die “deposito-skema”.

’n Koper bestel voorraad en betaal vooruit met ’n tjek, waarna hy die bankbewys van die oorbetalingtransaksie aan die onderneming faks.

Die bedrag wat oorbetaal is, is duisende rande meer as die aankoopprys. Minute later ontvang die onderneming ’n oproep dat die aankoper ’n fout met die bedrag gemaak het, en sal hulle asseblief die verskil in sy rekening deponeer.

Die goedgelowige besigheidslui doen dit dan, en besef eers later dat die oorspronklike tjek uit ’n gesteelde tjekboek was, en nie deur die bank eerbiedig sal word nie.

Inligting oor die bedrogspul kan aan insp Anton Labuschagne (807-4000), gegee word.

* Beware of fake bank deposits.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za