Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose sien rooi

Rose sien rooi
 
2008-06-26


ROSES UNITED het Saterdag onverwags, naelskraap met 7-9 verloor teen Worcester Villagers op Worcester.

Die Rose se hoofafrigter, Abe Davids, wou na die wedstryd geen verskonings maak vir die verloor nie. Volgens Davids moet sy manne nou fokus op hul volgende wedstryd wat Saterdag teen Delicious, op Pelikaanpark, afspeel.

Tog kan die Rose ongelukkig voel oor die uitslag aangesien hulle die wedstryd heeltemal oorheers het wat gebiedsvoordeel en balbesit aanbetref.

Van die afskop af was dit duidelik dat die skeidsregter ’n groot impak op die verloop van die wedstryd sou hê. Van aanvallende hardlooprugby was daar dus geen sprake nie.

Die Rose het darem een bonuspunt verdien vir hulle poging.

Vir die Rose het Cornel Hendricks, wat weer eens ’n goeie wedstryd gehad het, ’n drie gedruk. John-Lee Nortjé was suksesvol met die doelskop.

Die Rose pak die naweek die span van Delicious. Hekke open om 12:30.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za