Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards pak Gardens

Standards pak Gardens
 
2008-06-26


YOUNG STANDARDS het Saterdag in gietende reën deurgedring tot die Paarl- Streek uitklopfinaal deur die gedugte span van Violets met 19-0 te verslaan. Standards kom in die finaal teen Young Gardens te staan in die bekerfinaal.

Gardens het Saterdag vir Laer Paarl oortuigend met 34-5 geklop.

Die weersomstandighede was ’n gelykmakende faktor en die spanne wat hul die beste by die omstandighede kon aanpas het as oorwinnaars uit die stryd getree.

Die tweede span van Young Gardens het met 51-5 met Windmeul afgereken. Hulle kom te staan teen Laer Paarl wat verras het om vir Young Standards met 12-7 te klop.

Young Standards se derde span gaan sake uitspook met Riverstones nadat Standards met die laaste beweging van hul wedstryd teen Young Gardens met 10-7 geseëvier het.

In ’n naelbytstryd het Riverstones se derde span vir Violets met 6-3 geklop.

Riverstones en Allandale het deurgedring na die Plaatfinaal deurdat hul onderskeidelik met Vineyards en Windmeul United afgereken het. In die “Bowl”-finaal sal Laer Paarl en Violets sake uitspook terwyl Vineyards en Windmeul om die houtlepel sal uitspeel.

Junior wedstryde is vanweë slegte weersomstandighede tot ’n latere datum uitgestel.

Volledige uitslae van die naweek se kragmetings is soos volg:

Derde spanne: Riverstones 6, Violets 3; Young Standards 10, Young Gardens 7.

Tweede spanne: Young Gardens 51, Windmeul United 5; Laer Paarl 12, Young Standards 7.

Eerste spanne: Riverstones 21, Vineyards 0; Allandalle 8, Windmeul United 7; Young Standards 19, Violets 0; Young Gardens 34, Laer Paarl 5.

Wedstrydbepalings vir die finale wat op 5 Julie gaan plaasvind, is soos volg:

Bekerfinaal X Derde span: Riverstones vs Young Standards; Tweede span: Young Gardens vs Laer Paarl; Eerste span: Young Standards vs Young Gardens

Plaatfinaal X Derde span: Windmeul vs Vineyards; Tweede span: Riverstones vs Violets; Eerste span: Riverstones vs Allandale.

“Bowl” finaal X Derde span: Violets vs Young Gardens; Tweede span: Young Standards vs Windmeul United; Eerste span: Violets vs Laer Paarl.

Houtlepel Finaal X Windmeul vs Vineyards.

Junior wedstryde begin om 10:00 en senior wedstryde begin om 13:30. Die finale wedstryde van die eerste spanne begin om 15:45 en word op Daljosafat stadion gespeel.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za