EK wil graag dit onder die aandag van alle Paarliete en veral die verkeersdepartement bring dat op 20 Junie, tussen 07:10 en 08:00 ek die volgende op pad tussen Noorder-Paarl en die middedorp opgemerk het: 13 voertuie met slegs een voorlig wat werk, sewe voertuie met slegs hulle parkeerligte aan (dit is onwettig) en ses voertuie met GEEN ligte aan nie.
Nou wonder ons hoekom daar soveel ongelukke in die winter is. Hierdie voertuie is meestal nie padwaardig nie. ’n Mens moet darem seker jou voertuig gereeld nagaan?
Dit is ons as padgebruikers se plig om ons medepadgebruikers in ag te neem. Hoekom tree die verkeersafdeling nie teen dié probleme op nie?
Bekommerde padgebruiker