Geen keer aan Gimnasium
2008-06-26
Jaco van Wyk
TERWYL Hoërskool Gimnasium se eerste rugbyspan weier om voet uit die hoek te haal, lyk dit of Hoër Landbouskool Boland ook weer sy veggees herwin het. Saterdag het Gim te staan gekom teen Hoërskool De Kuilen, wat nie juis as as ’n rugbyreus in WP beskou kan word nie. Nogtans het dit sjampanjerugby geverg vir Gim om met 89-0 te wen. Gim se dertien drieë vat die koek, maar om twaalf van die dertien drieë te verdoel sit ook nie in enige jong losskakel se broek nie. Dit is presies wat JH Potgieter gedoen het om 24 punte van sy eie by sy span se totaal te voeg. Gim se drieë is gedruk deur Jaco Pretorius (vleuel, 3), Pieter de Wet (senter, 2), Ruan Smith (stut, 2), Petrus Theart (flank), Helmuth Lehman (flank), Erik van Zyl (slot), JC Erasmus (agtsteman), Louis Schreuder (skrumskakel) en Billy van Lill (vleuel). Hoër Landbouskool Boland het Saterdag, teen Durbanville, ses drieë ingeryg om met 34-11 te wen. Landbou het egter die meeste skade in die eerste helfte aangerig om die spanne te laat gaan rus op 29- 11. Juan Louw (flank), Jaco Olivier (senter), Bertie Visser (vleuel), Raymund Simon (skrumskakel), Francois du Plessis (slot) en Phillip Hanekom (heelagter) het Landbou se drieë gedruk. Die losskakel Bernard Kotzé, was suksesvol met twee doelskoppe. Na Labori teen rustyd met 7-5 voor was teen Hoërskool Swartland, het die manne van Paarl met 7-11 verloor. Labori se puntemakers was Jaco Carstens (1 drie, vleuel) en Llewellyn Lloyd (1 strafdoel)
More
News
|