Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rubberboot-kampioene

Rubberboot-kampioene
 
2008-06-26


DIE naweek het die laaste rubberbootstreeksbyeenkoms vir die seisoen plaasgevind in die Strand, met die Wellingtonse span, Agriwire, wat as die WP-kampioenspan gekroon is.

Die byeenkoms het bestaan uit ’n surf circuit van drie uitdunne elk wat Saterdag plaasgevind het, met ’n long- haul wat die Sondag plaasgevind het. Die longhaul het oor 120km gestrek met 5 strandstoppe.

Die naweek was vir ’n paar spanne uiters belangrik om goed te doen om sodoende die WP-span te maak wat in Port Elizabeth gaan deelneem aan ’n interprovinsiale kampioenskap vanaf 11-13 Julie. Dit word as die grootste resies van die seisoen beskou.

Om te kwalifiseer vir kleure word die top drie spanne in elke klas gekies om die provinsie te verteenwoordig.

Die naweek se kompetisie was uiters straf. Vier nuwe spanne het ook ingeskryf en dit is wonderlik om te sien hoe die sport weer besig is om te groei.

Die seetoestande was uiters kalm en het hoë spoed-kompetisie moontlik gemaak in al die klasse. Elke uitdun het verloop sonder enige ernstige ongevalle.

In die P750 Blueprintklas was dit die Wellingtonse span van Steyn Basson en Jan Kriel (Agriwire) wat weereens konstant vertoon het met ’n tweede en derde plek.

Die Paarlse span - Theo Richbieter en Hermann van Geems (UltraChem) het die surf circuit gewen en ’n tweede plek ingepalm in die longhaul.

Juan Mynhardt en Rocco Erasmus (Kanu Wines) kon baie tevrede voel met ’n derde plek in die surf en ’n wen in die longhaul.

Met Agriwire in die eerste plek het die seisoen tot ’n einde gekom met Kanu Wines in die tweede plek en Ultra Chem derde. Dit is ook die spanne wat die WP in PE gaan verteenwoordig in die P750 Blueprintklas.

In die P750 Standaardklas gaan Eugene Vorster en Koos Taljaard (Wild Africa Cream), Luhan Malan en Riaan Malan (borg benodig), en Christo Nimb en Hanno Grobler (Plum Systems) deelneem. In die P750 Modifieds is dit Johan Lodewyks en Bertie van Huysteen (Donadio Planthire), Tiaan Vermeulen en Dian Gillomee (Ekono Decking), en Mark Gleed en Chris Vos (PSPG) wat gaan meeding.

Na afloop van die seisoen het Steyn Basson en Jan Kriel gesê “dit was ’n taai seisoen met ’n hele paar breke en teëspoed. Gelukkig het ons die beste landspan in Donald Horne en James Muller wat ons op die water hou.

“Die interprovinsiale kampioenskappe gaan ’n harde byeenkoms in PE wees, maar ons is slaggereed om ons provinsie se naam hoog te hou.”

Volgende jaar word die Wêreldkampioenskappe ook in PE, deur Suid-Af- rika, aangebied. Die span van Agriwire begin nou al met van hulle voorbereidings.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za