Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beter diens aan pasiënte na uitbreiding

Beter diens aan pasiënte na uitbreiding
 
2008-06-26


DIE uitgebreide Paarl Hospitaal gaan ’n beter diens aan die publiek kan lewer.

Grootskaalse ombouings en aanbouings van meer as R240 miljoen is al reeds die afgelope twee jaar hier aan die gang.

Die toringblok word aan die noordekant uitgebrei, met ’n tweeverdieping-blok aan die voorkant, wat sal spog met ‘ moderne teekamer.

Die spesialis buitepasiënte-af­de­ling sal die eerste afdeling wees wat hul intrek sal neem in die opgegradeerde gebou, terwyl aanbouings nog volstoom aan die gang is. Dié afdeling kan binne die volgende paar maande sy deure open.

“Volgens beplanning sal dit aan die begin van Augustus of September plaasvind. Ons sal die publiek betyds inlig wanneer dié afdeling gaan open,” sê dr Beslau Kruger, superintendent van die Paarl Hospitaal.

Die totale projek wat 80 meer beddens vir die hospitaal beteken, is op skedule en sal volgende jaar Oktober voltooi word. Die aantal beddens sal vermeerder van 250 tot 330.

Dié hospitaal lewer as streekhospitaal tans diens aan 550 000 mense.

“In dié stadium is ons ’n maand of wat agter as gevolg van weersomstandighede, maar ons behoort volgende jaar Oktober klaar te wees. Dit kos ook meer as die aanvanklike R240 miljoen, aangesien boukostes en materiaal baie gestyg het. Ons sal die verhoging aan die einde van die projek kan bepaal.

“’n Moontlike opgradering van die ongevalle-afdeling kan ook geskied indien befondsing daarvoor in die hande gekry kan word,” sê hy.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za