Groot nood oor sleutel
2005-07-07
Malané Bosman
DIE nood was groot by die Paarlse ambulansstasie die afgelope drie weke, so sonder ’n ambulanssleutel.
Drie weke gelede het kwajongens in die nag ’n sleutel uit een van die ambulanse in die werf van die Paarl ambulansstasie gesteel.
Toe die beamptes die verlies agterkom, het dit rondskarrel - tot oor die waters in Duitsland - gekos voordat die ambulans weer hierdie week padvaardig kom wees.
“Intussen moes ons met een ambulans minder klaarkom, en met baie meer skeltaal omdat ons nie by al die mediese gevalle kan uitkom nie,” het ’n ambulansman gesê.
Daar was nie ’n spaarsleutel beskikbaar nie, dié het soek geraak in die bruikleen van ambulanse tussen die Paarl, Stellenbosch en Kaapstad.
En dit is nie sommer net vir nuwe sleutel sny nie.
Dié Mercedes Sprin- ters wat as ambulanse uitgerus is, het spesiale sleutels met ’n mikroskyfie en is vir ’n spesifieke voertuig geprogrammeer.
Eers moes die sleutels (’n tweede as spaarsleutel) uit Duitsland bestel word en hierheen gevlieg word.
Daarna moes die sleutel by die Mercedes werkswinkel in die Paarl geprogrammeer word, en eers toe kon ambulans nommer 107 weer die nood van ander in die Vallei verlig.
* A local ambulance was stuck after the key (only available from Germany) was stolen.
More
News
|