Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raadslid voor oor boer

Raadslid voor oor boer
 
2008-06-26

Malané Bosman

DAAR is nog geen klarigheid oor die gebeure op ’n plaas in Klein Drakenstein in 2007 nie, toe ’n raadslid en die eienaars van die plaas na bewering handgemeen geraak het.

Dan Kotze, Drakenstein stadsraadslid en afgesette ANC Boland-streeksvoorsitter, het verlede week weer in die Paarlse landdroshof verskyn op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die eienaars van Le Fut-plaas, Trevor en Joan Ernstzen, het getuig oor hoe hullle geslaan, geskop en getrap is toe ’n oproerige skare betoog het teen die wettige uitsetting van ’n plaaswerker.

Kotze, netjies geklee in ’n leerbaadjie, het gemaklik in die beskuldigdebank gestaan. Hy pleit onskuldig op altwee aanklagte van aanranding. Die hofsaal was gepak met sy ondersteuners.

Kotze erken dat daar fisiese konfrontasie was nadat hy ’n versoek tot mediasie gerig het. Die reaksie wat hy sou gekry het, was glo “antagonisties” en deurspek met “rassistiese en vernederende taalgebruik”.

Hy beweer dat hy uit selfverdediging opgetree het. Tydens ’n stoeiery is Trevor Ernstzen op die grond geslaan en geskop en het hy bewusteloos bly lê.

Joan Ernstzen het ook ná ’n hou teen die kop, wat uit Kotze se motor toegedien is, teen die grond geval.

Getuies teen en vir die beskuldigde het verskillende weergawes van die gebeure aan die hof voorgelê.

Die chronologie van gebeure en of Kotze uit selfverdediging opgetree het, of nie, was belangrike aspekte van die kruisondervraging van getuies.

Die saak is tot 18 September uitgestel, die eerste beskikbare hofdatum vir die afsluiting van die verhoor.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za