Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inbreker gee nagmerries

Inbreker gee nagmerries
 
2008-06-26

Malané Bosman

OM rustig in droomland te wees terwyl ’n inbreker in jou kamer rondloop, is iets om oor nagmerries te kry.

Dit is wat met Edu en Annamarie Wium in hul woning in ’n sekuriteitskompleks in Genl Hertzog Bou- levard in Wellington gebeur het.

Edu het die nag kort voor drie uur wakker geskrik van ’n vreem- de geluid.

“Dit het geklink soos iets wat mens in die wasbak neersit,” onthou Edu.

Hy het opgestaan en gesien dat die kombuisvenster oop was en die blinding opgelig is.

’n Stapel goedere - DVD-speler, elektriese toerusting, handsak, selfoon en beursies - was netjies gepak in die wasbak, reg vir wegdra.

“Ek het vir Annemarie wakker gemaak om te kom kyk. Ek het vermoed dat die inbreker buite was.

“So het ek begin om al die ligte aan te sit en die volgende oomblik spring ’n man agter die eetkamertafel uit.

“Ek weet nie wie die grootste geskrik het nie. Hy het met ’n helse vaart op die kombuistoonbank gespring, en kop eerste deur die ruit van die halfoop-venster geduik.”

Edu, eienaar van Adventure Cycles in Fonteinstraat, Wellington, en self ’n fikse fietsryer, vertel hoe hy in sy haas om die man agterna te sit, byna die voordeur uit die kosyn gegooi het.

“Die man is soos ’n kat – oor die parkie, oor ’n hoë muur, en weg was hy. Hy het nie eens ’n skrapie opgedoen van die duik deur die glas nie.

“Die polisie was ongelooflik. Terug by die huis het ek gebel, en binne vier minute was hier twee vangwaens en die speurders.

“Die vingerafdrukspan was die volgende dag hier. Daar was ’n goeie drafskoen-afdruk op die toon- bank, ewe met die Nike kenteken.”

Annamarie gril nou nog as sy daaraan dink dat die man tot teen haar bed moes gestaan het. Vars grassnysels wat onder sy skoene was, is op die slaapkamermat gekry.

“Om al daardie goed in te pak, moes hy lank in die huis gewees het, en heen en weer voor ons slaapkamer verbygestap het.

“My handsak was netjies uitgepak op die sitkamerbank en toe is alles wat hy wou saamvat, netjies daarin gepak.

“Tot die drade van die toerusting was mooi opgerol en ingepak. Ook die motor- en ander sleutels is ingepak.

“Baie erg is die mes wat hy in die vensterbank gelos het.”

Die polisie het later ontdek dat die inbreker in ’n gereedskaptrommel agterop ’n buurman se bakkie gegrawe het.

Die gereedskap is alles uitgepak, met hamers wat in die straat neergesit is.

Ander inwoners van die Les Huguenot-kompleks het later onthou hoe hul honde daardie nag een na die ander aan die blaf geraak het, “seker soos die man deur die kompleks beweeg het,” meen Edu.

“Ek kan nie genoeg eer gee aan die polisie nie. Hulle het selfs by elk van die 62 huise geklop om te hoor of die inwoners veilig is.”

Die verdagte, Martin van Rooyen (21) van Ernita-plaas in Blouvlei, is twee dae later aangekeer nadat hy deur middel van vingerafdrukke met die toneel verbind is.

Van Rooyen het al telkemale met die gereg gebots en tronkstraf uitgedien, meestal vir huisbraakverwante sake. Hy word nou weer in Allandale-gevangenis aangehou.

* A burglar dived through a kitchen window in Wellington after he was surprised by the home owners. He was later arrested.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za