Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kinders erg beseer

Kinders erg beseer
 
2008-06-26


DIE twee niggies wat verlede week tydens ’n fratsongeluk in Paarl-Oos deur ’n muur toegeval is, sterk aan in twee Paarlse hospitale.

Hulle is beseer toe ’n muur by die Shoprite-kompleks omgeval het nadat ’n afleweringsvoertuig daarin vasgery het.

Ooggetuies vertel dat hulle die twee niggies onder die hoop bakstene moes uithaal.

Gwendoline Cupido (15), wat saam met die twee niggies op pad was na ’n maatjie, het die ongeluk net-net vrygespring.

“Net voor ons om die draai gestap het waar die muur omgeval het, moes ek afbuk om my veter vas te maak. As ek dit nie gedoen het nie, was ek ook onder die bakstene,” sê ’n verligte Gwendoline.

Gilian Johnson (16) sal nog vir maande

in die Paarl MediClinic aansterk na veelvuldige beenbreuke.

Sy het reeds een operasie ondergaan waar verskeie staalpenne en -skroewe in haar been gesit is.

Sy sal nog vir ’n hele ruk in die hospitaal moet bly, sê haar ma, Lynette. Sy sal ook ’n tweede operasie moet ondergaan.

Haar niggie, Roché April (12), sterk aan in die Paarl Hospitaal. Haar been is op drie plekke gebreek en sy moes ook ’n veloorplanting kry, so erg was haar been beseer.

“Ek onthou dat die mense ons onder die bakstene moes uithaal. Ons het nogal groot geskrik,” vertel sy.

“Hopelik sal ek een van die dae weer op die been wees. In die volgende week sal ek hoor of die oorplanting ’n sukses was,” sê sy.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za