Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Motor mors in motorhuis

Motor mors in motorhuis
 
2008-06-26

Krige

OP Vrydagmiddag omstreeks 15:00 het ’n geweldige slag weerklink in die woonbuurt van Groenvlei in Noorder-Paarl.

Arnót Terblanché het inderhaas na buite gehardloop en kon nie glo wat hy sien nie.

Iemand het met ’n dubbelkajuit-bakkie in sy buurman, Thys de Vries, se motorhuis te Foxglovestraat 29 vasgery.

Die Mazda Drifter het glo teen ’n hoë spoed buite beheer om die draai gekom. Die voertuig het oor die randsteen gery, en in die motorhuis se middelpilaar vasgejaag.

Met die slag het die motorhuis se dak ingegee.

Een van die bure het gesien hoe twee jongmense weghardloop van die toneel af.

Die verslae eienaar van die bakkie is deur die registrasienommer opgespoor en na die toneel ontbied deur die polisie.

Sy kon nie verstaan hoe die voertuig uit haar perseel in iemand anders se motorhuis beland het nie.

Daar is later vasgestel dat die seuns by haar dogter gekuier het. Die seuns het sonder haarwete die sleutels geneem en is daar weg met die voertuig. Die twee jeugdiges, albei sonder lisensies, is later aangekeer.

Thys de Vries, eienaar van die beskadigde huis, raam die skade aan die motorhuis op R450 000: “Ek is net baie dankbaar dat niemand beseer is nie.”

Een van sy eie voertuie was in die motorhuis en duisende rande se skade is ook daaraan berokken.

“My versekeringsagente het onmiddellik ’n span uitgestuur om na die skade te kom kyk en stellasies is onder die dak geplaas om te keer dat die dak verder intuimel.Sedertdien is die dak en rommel verwyder en staan daar net drie kaal mure.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za