EK verwys na die skrywe in die Paarl Post van 19 Junie rakende die gebruik van die woord irregularity in die berig oor die Drakenstein Munisipale ouditverslag.
Ongeag die Drakenstein Munisipaliteitsbestuurder se intensie met sy reaksie op die ouditverslag sal ek die ouditbetekenis van weakness en irregularity aan hom duidelik stel ten einde nie die publiek verder om die bos te lei nie.
Ek haal aan: The only difference according to Auditing standards between a weakness and irregularity are:
A significant weakness means a situation where, according to the auditor’s judgment, the established procedures for internal control or its level of accomplishment do not provide a reasonable assurance that significant irregularities will be prevented or detected.
Significant weaknesses in internal control identified during the audit should be reported promptly to management, or to an outside body if required by law.
An irregularity or illegal act is not necessarily fraud.
If a material error or weakness that has been identified is not corrected, it becomes an irregularity, i.e. an unintentional act is converted into an intentional one.”
As ’n sogenaamde significant weakness dus reeds gerapporteer is voorheen en nie reggestel is nie, is dit met die volgende oudit ’n irregularity.
Let wel dat minder belangrike weaknesses nie eens nodig is om in ’n ouditverslag gerapporteer te word nie.
’n Oudit se doel is ook nie om alle weaknesses aan die lig te bring nie en ook nie om bedrog aan die lig te bring nie.
Die Paarl Post se gebruik van die term irregularity was dus nie verkeerd nie.
Interne ouditeur
Paarl