Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae ná vlammedood

Vrae ná vlammedood
 
2008-07-03

Lise Beyers

’n FAMILIE van Paarl-Oos is gelaat met meer vrae as antwoorde, na die gru-dood van hul broer.

Wellington polisieman, konstabel Mark September, het verlede Vrydagoggend op die gru-toneel afgekom van sy broer Martin (53), wat deur vlamme verswelg is.

“Ek het nagskof gewerk en toe ek omstreeks 06:30 by my huis in Simfonielaan, Smartietown, aankom, het ek gesien dat daar rook uit my agterplaas trek.

“Ek is dadelik daarheen en het op my broer in ’n vlammebol afgekom.

“Ek het ’n kombers gegryp en dit oor hom probeer gooi, maar hy was reeds baie erg verbrand. Ons het die ambulans geskakel en toe hy hospitaal toe geneem is, het hy skaars gelewe.”

Martin se brandwonde was van so ’n ernstige aard dat hy nooit weer sy bewussyn herwin het nie. Hy is Sondag aan sy beserings dood.

Mark en hul suster, Carol September, is albei in die duister oor wat gelei het tot hul broer se branddood.

Martin, wat reeds ’n geruime tyd werkloos was, het by Mark gewoon.

Sy vrou Alida en hul twee dogters, Reeva- Joy (16) en Meighlyn (8), het by familielede in Chicago gewoon.

“Daar het ’n kan petrol naby Martin gelê en ons vermoed dat hy dalk iets aan die brand wou steek om warm te kry.

“Ons vermoed dat hy petrol op homself gemors het en aan die brand geraak het.

“Ek het al in my loopbaan as polisieman baie nare tonele moes aanskou, maar dié was ’n toneel wat vir die res van my lewe by my sal spook.”

Intussen ondersoek die Paarl-Oos polisie die saak verder.

Martin se begrafnis vind Saterdag om 11:00 plaas vanuit Waterbokstraat 58, Chicago, en daarna om 12:00 by die Nuwe Apostoliese Kerk in Mountain View.

* A Paarl man has died after he was engulfed in flames. The cause has not been established.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za