Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat doen jy hierdie vakansie?

Wat doen jy hierdie vakansie?
 
2008-07-03

Ruaan van der Spuy

EEN ding waaroor die meeste mense sal saamstem, is dat die tyd in 2008 net verbyvlieg.

Dit is immers alweer tyd vir die wintervakansie, na die afloop van ’n harde eksamen vir beide leerders en studente.

Sommige het die middernagolie gebrand en hard gewerk, terwyl ander hul min hieraan gesteur het en hul met ‘meer belangrike dinge’ besig gehou het!

Natuurlik sien almal ewe veel uit daarna om net te ontspan en ‘niks te doen’ (soos vele mense erken het!).

Is dit egter in alle gevalle só? Wat het die ma’s en pa’s hieroor te sê? Gaan hulle ooit ’n blaaskans kry?

“Wel, dit gaan beslis ’n groot uitdaging wees,” spot Juanita Visser.

Dit wil amper vir mens lyk asof klein Simòne ’n handvol kan wees!

Hulle sien egter albei uit daarna om die vakansie vir Ouma te gaan kuier in Hartenbos en toe klein Simòne vir die eerste keer hiervan gehoor het, wou sy dadelik weet of sy haar swembroek moet inpak ten spyte van die yskoue winterweer!

“Ek gaan net die hele dag lank fietsry!” sê Jean-Marie Roux.

Kara Janse van Rensburg reken dat sy nie ’n baie opwindende vakansie gaan hê nie.

“Ek moet elke oggend vroeg al by die nasorg wees,” sê sy mistroostig.

Ané de Kock sien uit na haar besoek aan die Karoo hierdie vakansie, waar sy beplan om heeldag met haar drie maats te speel en lekker te onspan.

Toe sy gevra is of Mamma en Pappa uitsien na die rit, antwoord sy: “Nee, nie regtig nie. Ons baklei altyd as ons êrens heen ry!”

Marcel Christie kla: “Die een ding van vakansie wat my afsit, is die feit dat almal weggaan en dan moet ek hier bly,” sê Marcel Christie.

Marcel moet elke dag ’n wiskundevraestel uitwerk, gedeeltelik as straf, maar ook as voorbereiding vir sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch volgende jaar. “Eerlikwaar gebruik ek meestal my vakansies net om dromme te speel.”

Vir Anél la Grange, Andrea van der Westhuizen en Aureal Strasheim is hierdie vakansie se leuse ‘Shop ‘til you drop’ en hulle is vas van plan om dit te volg.

Wanneer hulle nie besig is om winkels leeg te koop nie, gaan hulle maar met hul vriende uithang.

“Ons ouens is nie hier nie,” sê Andrea.

Aureal is van plan om hierdie vakansie te gaan perdry, te gaan fliek en haar ouers ’n blaaskans te gee.

“My ma is bly dat dit vakansie is, want dan kan sy net so bietjie rus.”

Toe hulle gevra is wat hulle wil doen in die vakansie, het Marco van Wyk en Armand Cole, geantwoord: “Uit vir ’n bier en terug oor ’n uur!”

Natuurlik het hul net gek geskeer, aangesien hulle maar slegs sewe jaar oud is!

Op ’n meer ernstige noot het hul erken dat hulle hul vakansie propvol albasterspeel en ‘Slip ’n Slide’ wil hê. Toe hul gevra is wat hul ma’s en pa’s oor die vakansie te sê sal hê, het hul albei gelag en geantwoord: “Ons gaan op hulle spiere werk dat dit goed gaan!”

Voorspoed Ma en Pa...

“Ek wil nie meer skool toe gaan nie,” sê Levino de Bruin toe hy gevra is of hy uitsien daarna om weer terug te gaan skool toe na die vakansie.

Die res van sy maats het egter geglimlag en gesê dat hul wel uitsien daarna. Hulle geniet hul vakansie sover en speel heeldag buite (en binne) saam met hul maats en bak veral baie “sandkoekies”.

Ashley Salon en Ashwin de Bruin is veral lief om “sandkos” (soos hulle dit noem) te maak, maar toe hulle gevra is of hulle dit eet, bars almal uit van die lag en skud hul koppe. Hulle sê darem dat hulle soet kinders is (selfs al stem Ouma nie altyd saam nie!).

’n Bekende wiskunde-onderwyseres het gesê dat sy bly is oor die vakansie, want dan hoef sy nie wiskundeklasse te gee nie, terwyl dit verseker is dat die meeste van haar wiskundeleerlinge weer bly is om nie wiskundeklasse te hê nie.

Dis duidelik dat onderwysers uitsien om bietjie weg te kom van hul leerders en net so die leerders van hul onderwysers ook!




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za