Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sport Dagboek

Sport Dagboek
 
2008-07-03


KRIEKET

* Young Peoples krieketklub is reeds besig met sy voorseisoen-voorbereiding. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 tot 19:00.

Peoples se klubhuis op Daljosafat se sportgronde is beskikbaar om gehuur te word vir funksies. Kontak 083-317-2029.

* Paarl krieketklub vereer Saterdag sy spelers wat die afgelope seisoen presteer het tydens ’n funksie om 19:00 in die klubhuis. Alle spelers word versoek om die geleentheid by te woon. Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede teen R40.

RUGBY

* Die Paarlstreek uitklopfinale word Saterdag op die Daljosafatsportgronde aangebied. Die junior wedstryde begin om 09:00 en die junior semi-finale sal gevolg word deur die finale in die verskillende kategorieë.

Die senior wedstryde begin om 13:30 terwyl die eerstespanwedstryde om 15:45 op Daljosafatstadion begin. Die program is soos volg: Vineyards vs Windmeul United om 15:45 (Wooden Spoon); Laer Paarl vs Violets om 16:00 (Bowl); Riverstones vs Allandale om 17:30 (Plaat); Young Standards vs Young Gardens om 19:00 (Cup Final).

* Young Stars rugbyklub se oefensessies vind elke Dinsdag en Donderdag plaas om 19:00 te Weltevredepark sportgronde.

Kontak 076-759-1448.

* Albions skop Saterdag die tweede ronde van die liga af met ’n wedstryd teen Hands & Hearts in Kraaifontein. Die bus vertrek om 11:30 vanaf Simfonielaan 189. Die klub hou Maandag ’n vergadering om 19:30. Alle oud- lede moet vir Wilfred Asia kontak in verband met die feeskomitee. Kontak 021-862-7929 of 084-908-7975.

WELLINGTON ATLETIEKKLUB

Alle lede van Wellington Atletiekklub moet kennis neem dat die Algemene Jaarvergadering van die klub op Donderdag 10 Julie om 19:00 sal plaasvind by die Hoërskool Hugenote klubhuis. Alle lede word versoek om die vergadering by te woon. Kontak Hentas Kotze by 083-309-7411.

NEW ORLEANS SEKONDÊR

New Orleans Sekondêr se oudstudente vergader Vrydag 4 Julie om 18:00 by die skool se klubhuis in verband met die derby- reëlings vir netbal en rugby. Oudstudentewedstryde vind Donderdag 7 Augustus by

Daljosafat-stadion om 18:00 plaas. Toegang is R10. Kontak 083-483-3781.

CYCLING

The 2008 UCI Junior World Cycling Championship takes place from 12 to 20 July. It incorporates five days of track at the Bellville Velodrome, an individual Time Trial in Wellington and an individual Road Race through Cape Town - three cycling disciplines over seven days. Roads in the vicinity of the Wellington/Paarl /Agter Paarl intersection will be closed on 18 July.

Contact 021-788-9966 or 021-671-0854.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za