Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kunskalender

Kunskalender
 
2008-07-03


MUSIEK. Gert Vlok Nel tree Saterdag om 20:00 op by die Ou Meul-teater in die Paarl. Hy het onder Suid-Afrikaners se aandag gekom in 1993 met sy debuutbundel, Om te lewe is onnatuurlik, waarvoor hy ook die gesogte Ingrid Jonker-prys vir uitstaande debuutwerk wen. Hy is onder meer die skrywer van die liedjie Beautiful in BeaufortWes. Kaartjies is R70. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.

MUSIEK. Van die gewildste Afrikaanse liedjies soos Blou, Jammer om te hoor, Turn on the Light en Hoe draai die wind dan nou, is deur die sanger en liedjieskrywer André Swiegers geskryf. Hy tree Donderdag 10 Julie om 20:00 op in die Breytenbach-Sentrum op Wellington. Kaartjies is R80. Vir navrae en besprekings, skakel die Breytenbach- sentrum by 021- 873-2786 of stuur ’n e-pos na theokemp@breytenbachsentrum.co.za.

Boekpraatjies. ’n Blywende vreugde is die versameling van Audrey Blignault se briewe wat deur Lynne Fourie en Marina Brink byeengebring is in samewerking met Petrovna Metelerkamp wat ook die boek uitgegee het. Saterdag om 11:00 sal Petrovna in Protea Boekwinkel op Stellenbosch oor hierdie merkwaardige briewe gesels. Skakel 021-882-9100 vir meer besonderhede of stuur ’n e-pos na ls.protea@mweb.co.za



Musiek.
Die mooi rooikop met die helder stem, Helené Bester, met die helder stem het beslis geen bekendstelling nodig nie. Sy tree op by die Ou Meul-teater môre om 20:00. Kaartjies is R80. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056..



Musiek en drama
. Appassionata (van Pieter-Dirk Uys), wat passievol­le musiek en drama kombineer met heerlike kaas en wyn, by Uitkyk Wynlandgoed Saterdag om 18:00. Kaartjies is R80. Skakel 021-809­8344.



Theatre.
The Lilliput Children’s Theatre Company, in association with the Baxter Theatre, will be performing their brand new show, Pinocchio, until 12 July, in the Concert Hall at the Baxter Theatre. Pinocchio will be performed at 10:30, Monday to Saturday, excluding today. Tickets are R30 and bookings can be made at Computicket.



Fees.
Die Breedekloof Buitelug Wyn- en Toerismefees vind vir die vyfde keer plaas op 10 en 11 Oktober en Goudini Wynkelder met ’n program propvol pret en plesier vir oud en jonk. Die programhoogtepunte is Arno Jordaan wat Vrydag 10 Oktober om 20:00 optree en ’n unieke 4x4 bergroete in die Sneeukopberg wat Saterdag 11 Oktober om 09:00 plaasvind. Vir navrae en kaartjieverkope, kontak Caren by 083-680­7977.



Live performance.
Dan Patlansky will perform at the Klein Libertas Theatre in Stellenbosch Friday 18 July at 20:30. After receiving word that “Readers Choice” had voted him “Best Blues Guitarist in Southern Africa”, it was time for a second release. “True Blues” was released on the famed Blue Note label in 2004. Dan is one of the only South Africans to ever reach “Blue Note” status.Tickets cost R60. For bookings, call 021 883 8164.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za