Skote klap op kleinhoewe
2008-07-03
Lise Beyers
EEN man is beseer en nog een het ’n noue ontkoming gehad, toe skote begin klap het by ’n besigheid by Ben Bernhardi-landgoed in Suider-Paarl. Vier mans het om ongeveer 20:00 toegang tot ’n motorhuis op dié perseel gekry. Terwyl hulle besig was om vir waardevolle goedere te soek, is hulle verras deur ’n vrou wat in ’n aangrensende woning woon. Intussen het die bestuurder van die besigheid, wat ook op die perseel woon, ondersoek gaan instel na die geraas. Toe hy sy voordeur oopmaak, het ’n man voor hom gestaan met ’n pistool. Hy het die deur dadelik toegeslaan en ’n geweerskoot het geklap. “Die eerste skoot het die deur deurboor en letterlik verby my nek gefluit. Ek het op my hurke afgesak en nog ’n skoot het langs my geklap. “Dit is ’n wonderwerk dat ek nie getref is nie - sedert die voorval is ek skoon hees van die skrik.” Terwyl die skote geklap het, het ’n werker wat steeds op die perseel was, na die huis gehardloop en daar is op hom gevuur. Hy is in die arm getref en die been is versplinter. Die diewe het gevlug met 20kg koperkabels wat in die motorhuis gestoor was. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek verskeie leidrade. * A man was injured when robbers started firing random shots during a burglary at a business on a smallholding south of Paarl.
More
News
|