Hillcrest bloutrein storm voort
2008-07-03
DIE rugbyspan van Hillcrest United het Saterdag vir Grabouw met 11-7 geklop in ’n baie taai stryd. Die span het baie karakter getoon en in aaklige weerstoestande was die manne van Hillcrest in alle fasette van die spel baas. Uitblinkers vir Hillcrest was Adam Arendse, Zandre Buys, Hansie van Wyk en Jerome Coetzee. Randall Rudolph het Hillcrest se drie gedruk met Conroy Gertze wat ’n strafskop oorgeklits het. Hillcrest speel Saterdag tuis teen Bella Vista. * Hillcrest se sokkerspan het ook Saterdag geseëvier toe hulle die voorlopers in die liga, City Killers, met 3-2 afgestof het.
More
News
|