Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons byt in stof

Newtons byt in stof
 
2008-07-03


IN ’n wegwedstryd op Ceres het Newtons Saterdag skande gemaak toe hulle teen een van die agterosse in die kompetisie, Verenigde Ceres, met 21-15 verloor het.

Newtons, wat tans nog die gesamentlike voorloper in die liga is, het sy rieme styf geloop teen ’n gemotiveerde span wat duidelik goed voorbereid was vir die wedstryd.

Newtons het die fout begaan om hul teenstanders te onderskat en gevolglik kon Ceres groot bresse in Newtons se verdediging slaan.

Newtons was teen rustyd nog met 10-8 voor, maar ná rustyd was die tuisspan onkeerbaar.

Newtons sal nou moet terugkeer tekenbord toe indien hulle nog die ligatitel wil inpalm. Veral Newtons se agterspelers het loodvoetig voorgekom en sal die vertoning so gou as moontlik wil vergeet.

Een ligpunt in die wedstryd was egter die vertonings van twee van die jongelinge in die span, Jacquin Hendricks (senter) en Franco Lovember (slot).

Newtons se drieë is gedruk deur Eslin Snyders, Roderick Loverlot en Heinie de Jager.

Newtons speel Saterdag weg teen Touwpark op Touwsrivier. Die bus vertrek om 10:00 en die reisgeld kos R40.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za