ALLE ongepubliseerde digters word uitgenooi om sewe van hul beste Afrikaanse gedigte voor te lê vir moontlike opname in Nuwe Stemme 4.
Die Nuwe Stemme 4-reeks is ’n opwindende projek waarmee Tafelberg-Uitgewers publikasiegeleenthede skep vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte het vir eie, selfstandige debuut nie.
Die sperdatum vir voorleggings is 30 September.
Stuur manuskrip na Nuwe Stemme 4, Posbus 879, Kaapstad, 8000. Vir navrae, skakel Danita van Romburgh by 021-406-3412.