LIEFHEBBERS van koorsang vanaf die hele land kom vir ’n hele week bymekaar om die soort koorwerke wat die bestek van die normale kerkkoor oorskry, in te oefen - waaronder kerkkantates, dubbel- en meerkorige motette van die 16de tot die 18de eeu, koorwerke met instrumentale ensembles, à capella koorwerke uit die 19de-eeu en modern eietydse komposisies.
Die SA Heinrich Schütz-Vereniging, vernoem na Heinrich Schütz (15851672), “Vader van die Evangelie-gebonde kerkmusiek”, is in 1968 gestig.
Die Vereniging stel hom ten doel om die tradisie van Kerklike Koormusiek van die 16de eeu tot die hede, in SuiderAfrika te bevorder. Vanjaar se Schützweek word gehou in die `Manyano’-Konferensiesentrum in Sanddriftstraat, Paarl, van 6 tot 13 Julie.
Elke jaar word ’n befaamde professionele koorleier spesiaal uit Duitsland genooi om die koorleiding te behartig.
Hierdie jaar is dit kantor Heinz-Hermann Grube. Hy is as hooforrelis en koorleier verbonde aan die EvangeliesLuthersw Johanneskirche te Lübbecke, Duitsland.
Daar word daagliks tot sewe uur lank gerepeteer en die koorweek sluit met ’n vollengte kerkmusiekuitvoering as hoogtepunt af in die NG Toringkerk op Saterdag 12 Julie om 19:30.
Verdere inligting kan verkry word by Martin Stallmann, by 021-886-4361