Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kano’s vaar weer Bergrivier in

Kano’s vaar weer Bergrivier in
 
2008-07-03

Jaco van Wyk

DIE alombekende en aanskoulike Isuzu Bergrivier Kanomarathon oor 240 km skop Woensdagoggend weer af by die Markstraatbrug in die Paarl. Ongeveer 140 roeiers neem vanjaar deel.

Volgens veteraanroeier Giel van Deventer (59), wat vanjaar sy 39ste moordende marathon aanpak, is dié vaart ’n groot uitdaging.

“Sommige ouens gaan jaarliks na die dokter vir ’n ondersoek - ek doen net die Bergrivier kanomarathon. ’n Mens voel altyd goed as mens eers dié uitdaging voltooi het.”

Met die Bergrivierdam buite Franschhoek wat onlangs voltooi is, is deelnemers verseker van ’n hoë waterplek by die wegspring.

Met die nuwe spankompetisie wat boonop ook vanjaar vir die eerste keer in werking gaan tree, kan spanne van vier ’n meer strategiese wedren geniet en saamwerk om die ander spanne te uitoorlę.

Volgens Donnie Malherbe, oud-Welling- tonner wat tans in Stellenbosch woon en sedert 1975 die kanomarathon roei, word die gewilde kompetisie ook beskou as een van die uitdagendste kanomarathons in die land.

“Dit gaan vanjaar beslis een van die strafste in jare wees. Boonop gaan die bekendstelling van die spankompetisie ’n nuwe dimensie tot die kanomarathon voeg.

“Daar was in die verlede groot kompetisie tussen provinsies, maar met die nuwe spankompetisie probeer ons dit terugbring dat die spanne mekaar probeer uitoorlę.

“Daar is ook nie regtig nadele wat die spankompetisie aanbetref nie, behalwe vir die feit dat dit ’n bietjie van die deelnemers se individualiteit wegvat.”

Van Deventer stem saam: “Die spankompetisie is beslis ’n goeie ding en dit is so saamgestel dat spanne min of meer ewe sterk gaan wees. Spanne gaan gevolglik ’n meer strategiese benadering tot die marathon hę.”

Die rede waarom die nuwe Bergrivierdam buite Franschhoek met oop arms verwelkom sal word is, volgens Van Deventer, omdat daar baie droë winters in die verlede was.

Malherbe sę dat die nuwe Bergrivierdam sal verseker dat daar genoeg water in die rivier sal wees met die wegtrek van die marathon.

Van Deventer en Malherbe stem saam oor wie die gunstelinge vir vanjaar se marathon is.

“Vanjaar is my persoonlike gunsteling Len Jenkins, met Hank McGregor, Graeme Solomon en Lance King wat ook sterk aanspraakmakers gaan wees,” sę Malherbe.

“Hank McGregor is tans op goeie vorm,” sę Van Deventer, “terwyl Graeme Solomon en Lance King taai teenstand gaan bied.

“Onder die vroue behoort Abbey Miedema die kroon maklik te vat. Lindi Harmse sal haar sterkste kompetisie wees.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za