Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Helena Hettema sing op Wellington

Helena Hettema sing op Wellington
 
2008-07-03


DIE Breytenbach-sentrum het, soos gewoonlik, nie ’n tekort aan topkwaliteit-vermaak nie.

Musiekliefhebbers kan uitsien na die optrede deur die bekende sangeres Helena Hetttema, veral bekend vir treffers soos Tolbos in die wind en Divided Heart, op Vrydag 18 Julie om 20:00.

Sy neem haar gehoor op ’n kontinentale reis van Edith Piaf, Jacques Brel tot Tracy Chapman en Marianne Faithful. Kaartjies kos R80.

* Die kleinspan kan gerus ook naderskuif op 26 Julie om 10:00 om na ‘Jan en die Boontjierank’ te kyk.

Soos in die sprokie verkoop Jan hul koei vir vyf wonderbone, tot ontsteltenis van sy ma wat gehoop het op ’n geldjie om hul deur die swaar wintermaande te dra.

Maar dan ontdek hy ’n wêreld met reuse, feetjies, goud eierlêende eende en harpe wat self speel.

Met Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman. Regie deur Gaerin Hauptfleisch (R20).

* Ter nagedagtenis aan die veelsydige kunstenaar van Mbekweni, bied die sentrum ’n retrospektiewe uitstalling aan van Solomon Siko se kunswerke.

Siko, wat in Desember op 42-jarige ouderdom gesterf het, was een van die belangrikste en produktiefste swart kunstenaars van sy tyd en het aan verskeie uitstallings en projekte deelgeneem.

Die skilder en vriend van Siko, George Meyer, is die gaskurator en van sy eie werke sal ook te sien wees.

Die uitstalling open Woensdag 9 Julie.

Vir navrae en besprekings, skakel die Breytenbach-sentrum by 021-873-2786 of stuur ’n e-pos na theokemp@breytenbachsentrum.co.za




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za