Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Plaasseun speel in sepie

Plaasseun speel in sepie
 
2008-07-03


“AS jy op die verhoog is, voel jy in beheer van jou toeskouers se emosies.

“Dit is ’n baie powerful gevoel,” sê die Paarliet, Redione Stephens (24), wat onlangs sy debuut as Richard in die bekende TV-sepie 7de Laan gemaak het.

Richard vertel met trots hoe hy as introvert op skool by ’n leierskapkursus vir die eerste keer op die verhoog verskyn het in ’n skooldrama.

Dié oud-leerder van New Orleans Sekondêr het drama as vak op skool geneem en daarna sy studies in drama voortgesit by Tshwane University of Technology.

“Ek het vir twee jaar daarna net rondgeswerf tussen Johannesburg, Bloemfontein en Mpumalanga. Ek het toe gehoor van die oudisies wat 7de Laan doen en die rol as Richard, die ou wat vir Errol so terroriseer, gekry.

“Alhoewel ek slegs ’n gaskunstenaar was, is dit steeds ’n lekker gevoel. Baie mense is so trots op my,” sê Redione, wat op die plaas Hartebeeskraal net suid van die Paarl grootgeword het.

Hy vertel verder hoe sy mentoor en drama-onderwyser op skool, Celeste Loriston, sy potensiaal raakgesien het.

“Sy het ’n groot invloed op my lewe. Daar word dikwels neergesien op kinders soos ek wat op ’n plaas grootgeword het,

“Celeste het my inspireer en my gehelp om oor daardie gevoelens te kom wat so maklik in minderwaardigheid kan verander,” sê Redione dankbaar.

Celeste stem saam met Redione dat sy sy talent raakgesien het.

“Ek het hom toe na my huis laat kom om vir my gedigte voor te lees. Toe ek sien hoe hy dit doen, het ek dinamiet in sy optrede raakgesien.

“Hy is baie pligsgetrou en baie hardwerkend en ek sal wil sien dat hy dit nog ver as akteur sal bring,” sê Celeste met trots.

Nog ’n vrou wat ook baie bygedra het tot Redione se sukses tot dusver is sy ma, Jolene Mars.

“Sy het nie veel nie, maar die bietjie wat sy het, was sy nog altyd bereid om vir my te gee en sy doen dit steeds. Sy is ’n regte steunpilaar vir my,” sê die jong Paarliet.

Redione is nie seker of hy weer ’n rol in 7de Laan sal kry nie, maar sal dit graag weer wil doen en sien ook kans vir groter uitdagings om sy loopbaan as akteur verder te neem.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za