Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkers sterf in gru-ongeluk

Werkers sterf in gru-ongeluk
 
2008-07-03

Lise Beyers

DIE vervoer van plaaswerkers het vandeesweek weer onder die vergrootglas gekom, ná ’n gru-ongeluk waarin vyf werkers dood is.

Die ongeluk was Maandag vroegaand op die Klapmuts/Simondium-pad, toe ’n span plaaswerkers wat gekontrakteer is aan Backs- berg Boerdery, met hierdie pad onderweg was in die rigting van Simondium.

Volgens ’n ooggetuie het ’n groter vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting onderweg was, sekondes voor die botsing oor die pad geswenk om in die Simonsvlei grondpad te draai.

Hierna het ’n toneel van absolute chaos geheers soos die insittendes van die voertuig geslinger is.

Die bestuurder van die vragmotor met werkers, Dirk Jonkers (53) van Klapmuts, is vasgepen binne die kajuit en is vermoedelik op slag dood.

Een man is onder die seilkap uitgeslinger en het gesterf, en nog twee werkers is binne-in die vragmotor dood. ’n Beseerde is Dinsdag in die hospitaal oorlede.

Nog sewe mense is beseer en is vir behandeling na hospitale in Paarl en Stellenbosch vervoer.

Die meeste van die werkers is afkomstig van Bloekombos informele woonbuurt by Kraaifontein.

Die bestuurder van die swaarder vragmotor, Trevor Boonzaaier van Klapmuts, was alleen in die voertuig en is slegs lig beseer.

Daar word ondersoek ingestel na bewerings dat Boonzaaier dié voertuig sonder verlof en sonder ’n geldige rybewys sou bestuur het. Die vragmotor behoort aan ’n maatskappy vir wie sy pa werk.

Dinsdag het Jonkers se verslae weduwee gesê dat sy die tyding van die ongeluk ontvang het enkele kilometer verder by hul woning in Klapmuts.

“Ek is dadelik na die toneel en was nog vol hoop dat Dirk sal oorleef, of slegs met ’n geringe besering daar sal wegstap.

“Ek het gesien hoe die reddingswerkers om die kajuit van die lorrie werk, maar kort hierna is ek in kennis gestel dat my man dood is.

“Nou sit ek in sak en as, want Dirk was die enigste broodwinner.”

’n Woordvoerder van Sambenza Kontrakteurs, vir wie die arbeiders werk, het gesê die maatskappy is in rou gedompel ná die gru-ongeluk.

“Jonkers werk reeds baie jare as bestuurder en voorman by ons en was nog altyd uiters verantwoordelik en professioneel in die verrigting van al sy pligte.

“Dinsdag het ons as ’n roudag verklaar om ons medelye te betoon aan die families wat geruk is deur die ongeluk.

“Geen werknemer van die maatskappy het gewerk nie.

“Die ongeluk sal ten volle ondersoek word en ons sal alles in ons vermoëns doen om familielede by te staan in hierdie moeilike tyd.”

Die polisie op Klapmuts ondersoek ’n saak van strafbare manslag na die ongeluk.

*Klapmuts steier steeds na nog ’n gruongeluk 18 maande gelede toe 13 kontrakwerkers van hierdie dorpie, dood is toe die vragmotor wat hulle vervoer het voor ’n trein beland het by Faure, naby Stellenbosch.

* Five farm workers being transported after work, died in a head-on collision.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za