Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rowers jaag hulle vas

Rowers jaag hulle vas
 
2008-07-03

Lise Beyers

’n OËNSKYNLIK goed beplande gewapende roof is Maandagmiddag letterlik in die wiele gery danksy vinnige polisie-optrede.

Die drama het ontvou by ’n winkel in Windmeul, toe drie gewapende mans eers die personeel verwilder het en toe die kasregisters leeggemaak het. Daarna het hulle ’n Fiat Uno van ’n verkoopsman buite die winkel gesteel.

Twee van die mans het in hierdie motor gevlug en die derde in ’n wit minibus waarmee hulle op die toneel aangekom het.

Die Fiat Uno is waarskynlik gebruik om die polisie om die bos te lei, want dit is skaars ’n kilometer van die misdaadtoneel naby Windmeul Primêr gelaat.

Die bestuurder van die minibus het hiér sy makkers opgelaai en hulle het in die rigting van die Slentpad by Perdeberg gery.

Intussen is ’n wye soektog deur die polisie geloods, waarna daar afgekom is op die verlate Uno.

Plaaswerkers het vir die polisie vertel dat hulle gesien het dat die drie mans in die minibus wegsnel.

Hierdie voertuig is ook verlate gevind op die Slentpad, waar ’n Nissan Sentra op die voortvlugtiges gewag het.

Die Sentra is vermoedelik vroeër die dag daar gelaat.

Nou het die boewe behoorlik die polisie op hol gehad, maar toe hulle ’n polisievoertuig byna van die pad afgery het, was die gort behoorlik gaar.

Hierdie polisievoertuig is nie gestuit nie, en was vinnig op die voortvlugtiges se hakke.

Op die Kersboslaagte-pad, onderweg na Klipheuwel, het die bestuurder van die Sentra beheer oor die voertuig verloor, en hulle het gerol.

Twee van die insittendes het van die toneel gevlug, en hul beseerde makker in die motor agtergelaat.

Hulle is egter vinnig deur polisiebeamptes vasgekeer.

Loyiso Manzini (27) en Mvuleli Manqangala (33), albei van Mbekweni, en Lutho Topie (25) van Kaapstad, is in hegtenis geneem. Hul name word al drie aan vorige oortredings gekoppel.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat nog mense betrokke was by die gewapende roof.

* Three men have been arrested after a police chase following an armed robbery at Windmeul.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za