Leer meer oor diabetes
2008-07-03
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep hou Woensdagaand 16 Julie ’n vergadering om 19:00 in die Holy Trinity kerksaal. Die sprekers, waaronder Mandy Snyman, sal praat oor die verskille tussen Tipe 1 en Tipe 2 diabetes. Bring enige diabeet of belangstellende saam om hierdie vergadering by te woon. Die volgende vergadering is Woensdag 20 Augustus en die onderwerp handel oor diabetiese produkte. Skakel Kamaretha Beckert by 021-871-1808 vir meer inligting.
More
News
|