Skenk bloed en red 'n lewe
2008-07-03
DIE Westelike Provinsie Bloedoortappingsdiens (WPBOD) beplan spesiale skenkerklinieke. Die Bloeddiens bied ’n kliniek aan by WA Joubert Laerskool in die Paarl op Vrydag 18 Julie van 10:00 tot 16:00. Enige gesonde persoon ouer as 17 jaar, wat meer as 50 kg weeg en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf, kan bloed skenk. Skenkers moet onthou om te eet voor hulle die kliniek bywoon. Vir meer besonderhede, skakel die Bloeddiens by Hoofstraat in die Paarl by 021-872-2832.
More
News
|