Vakansiepret in Groenheuwel
2008-07-03
DIE Groenheuwel biblioteek bied van 7 Julie ’n propvol vakansieprogram om die kinders besig te hou. Daar word elke dag van Maandag 7 Julie tot Donderdag 10 Julie om 11:00 ’n inkleursessie vir kleuters aangebied, gevolg deur storieverteltyd of ’n video van 15:00 tot 16:00. Op 11 Julie word daar pryse uitgedeel van 15:30 af. Vir meer inligting, kontak Arlene by 021- 868-2297.
More
News
|