Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pinotage word net beter

Pinotage word net beter
 
2008-07-10


BY die jaarlikse Pinotage Oesjaarproe waar pinotage wyne van regoor die wynland geproe word om die oesjaar te evalueer, was die gevolgtrekking dat die potensiaal van 2008 wyne bogemiddeld is, ondanks die baie uitdagende klimaatstoestande.

Dit het gereeld tydens die groeiseisoen gereën, met swaar neerslae veral einde November en begin Desember en die siektedruk was dus hoër.

Hoewel rypwording vir die meeste kultivars vertraag is en parstyd minstens twee weke later as normaalweg begin het, was dit weer eens ’n voordeel vir Suid-Afrika se inheemse pinotage variëteit dat dit vroeg ryp word. Die druiwe kon dus in ’n gesonde ryp toestand gepluk word.

By die Pinotage Oesjaarproe was daar konsensus onder baie van die proeërs dat geure van pruime, fynbos, koffie en mokka uitgestaan het in die 2008 pinotage wyne. Verskeie kenners het dit ook beklemtoon dat die veelsydigheid van pinotage as rooiwyn variëteit weer duidelik uitgestaan het.

“Enigiemand wat twyfel oor pinotage, moes vandag saam met ons geproe het. Wat mens die meeste tref, is die uitstekende verskeidenheid van soor- te en style. Daar is ’n puik wyn vir omtrent almal se smaakvoorkeure,” was Dave Hughes, Suid-Afrika se internasionale wynkenner, se kommentaar na die proe.

Volgens Duimpie Bayly, Kaapse Wynmeester en hoofbeoordelaar van die Absa Top 10 Pinotage Kompetisie, was hy veral beïndruk met die meeste wyne se konsentrasie van vrug en goeie verouderingspotensiaal.

“Wat mens veral tref, is die wye areas waaruit hierdie wyne kom, met ander woorde Pinotage kan met die regte wingerdverbouing en wynbereiding in al die streke hoë gehalte wyne oplewer.

“Vanjaar se wyne wat ons geproe het, is ook ’n bewys van die toewyding en oordeelkundige versnyding en houtbehandeling om die beste te vore te bring. Dit is ’n jaarlikse ervaring by die Pinotage Oesjaarproe dat die toewyding deur wynmakers om topgehalte pinotage wyne te berei, voortdurend toeneem,” sê Duimpie.

Altesaam dertien tenkmonsters van die 2008 oesjaar is gekeur en geproe , naamlik Landskroon (Paarl), Delheim (Stellenbosch), Cilmor (Worcester), Beyerskloof (Bottelary), Riebeek Kelder (Riebeek-Wes), Bon Courage (Robertson), Lyngrove (Helderberg), Spruitdrift (Olifantsrivier), Diemersdal (Durbanville), Clos Malverne (Devon Valley), Rico Suter (Breedekloof), Windmeul (Paarl) en Stanford Hills (Walkerbaai).

Altesame 16 889 547 liter pinotage wyne (verpak en grootmaat) is die afgelope jaar uitgevoer.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za