Roof ruk Klapmuts
2008-07-10
NOG ’n gewapende roof het die afgelope naweek die gebied geruk. In Klapmuts is ’n algemene handelaar van kontant en goedere ter waarde van ongeveer R15 000 beroof tydens ’n gewapende roof. Die personeel van Tahiras Superette was Sondagaand om 20:00 op die punt om die deure te sluit, toe hulle oorrompel is deur drie gewapende mans. Die werknemers is vasgebind, waarna die rowers die kasregisters leeg gemaak het. Voordat hulle gevlug het, het hulle ook selfoonkaarte en sigarette gesteel. Die werknemers het daarin geslaag om hulself te bevry en die hulp van die polisie is ingeroep. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
More
News
|