Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lone kry voete

Lone kry voete
 
2008-07-10


’n PLAASLIKE bouer is die afgelope naweek van R40 000 beroof wat hy as lone getrek het.

Joe Strauss het Vrydagmiddag die lone getrek by Nedbank in Franschhoek om verskeie werknemers te betaal.

Hy het later by sy huis in Denneburg, Paarl, stilgehou om iets te gaan haal.

Kort hierna het hy gehoor dat sy motor se alarm afgaan en toe hy na buite kom, het hy gesien hoe twee mans in ’n silwer VW Golf spring en wegjaag. Sy motor se deur het oopgestaan.

Van die kontant wat in ’n sak versteek was, was daar geen teken nie.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat die publiek te alle tye uiters versigtig moet wees wanneer hulle groot hoeveelhede kontant in hul besit het.

Moet nooit die kontant in jou voertuie laat nie, al is dit goed versteek, en moet eerder nooit alleen wees as jy sulke bedrae hanteer nie.

“Dikwels word die slagoffer eers goed dopgehou in die bank as hulle die onttrekking maak, en dan word hulle agtervolg, veral op ’n Vrydag (betaaldag).




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za