Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riooldilemma met reën

Riooldilemma met reën
 
2008-07-10

Lise Beyers

INWONERS van Carstensstraat, naby die Wellington gholfbaan, is letterlik kniediep in die riool.

“Al jare lank sukkel ons elke keer as dit reën met menslike afval wat hier deur ons erwe en strate vloei,” vertel inwoner Kotie van Zyl.

“En dan vloei die riool eenvoudig tot in die Bergrivier hier naby.

“Ons kan dan dikwels nie eers ons bad- of skottelgoedwater laat uitloop nie, want die rioolwater stoot dit dan net terug tot binne in die bad of wasbak, nie te praat van die toilette.”

Inwoners is nie slegs woedend oor die ondraaglike reuk van menslike afval om hulle nie, maar hulle is ook bekommerd oor die gesondheidsrisiko.

Die Munisipaliteit sit met hul hande in hul hare hieroor, veral nadat hulle die afgelope paar jaar R5 miljoen spandeer het om die pompstasie in Pentzstraat op te gradeer.

Volgens hulle lê die ontstaan van die ellende hoër teen die bulte van hierdie gedeelte van Wellington, waar allerhande ‘indringer’-voorwerpe in die rioolstelsel gestort word.

Dit lyk asof die publiek selfs bourommel by die rioolstelsel afstort.

Alhoewel reënwater nie binne hierdie stelsel behoort te beland nie, is die stelsel oud en dit gebeur wel.

Dan kan die rioolstelsel hierdie bykomende water nie hanteer nie, en dit is dan dat onder andere, menslike afval die pad vat, veral in die winter.

En omdat die huise in Carstensstraat, laer lê as die rioolstelsel, is dit juis hiér waar riool uitstoot tydens nat weer.

En volgens die Munisipaliteit kan hierdie probleem wel opgelos word teen ’n koste van nog der miljoene rande om ’n totale nuwe rioolstelsel te installeer. Maar waar gaan dié geld hiervoor vandaan kom?

* Residents of Carstens Street, Wellington, are having to deal with human waste flowing through their street in times of heavy rain.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za