’n KORT geskiedenis van Wellington, getiteld Van dorp tot Drakenstein 1840-2000, saamgestel deur Winnie Rust, is tydens die jaarvergadering van die Vriende van die Wellington Museum bekend gestel.
Dis ’n ryklik-geïllustreerde, bekostigbare boek van handige formaat met interessante inligting oor die hoofmomente in die dorp se geskiedenis. Dis beskikbaar - in eenkleur óf volkleur - by die Book Traders in die Breytenbach-sentrum en by die Wellington Museum.
Die boek is beskikbaar in twee weergawes, naamlik swart-en-wit (R100) en in volkleur (R215). Bestellings kan by die museum geplaas word.