Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ghapi by die Ou Meul teater

Ghapi by die Ou Meul teater
 
2008-07-10


DIE singende tromspeler Ghapi tree Vrydag 18 Julie om 10:00 met sy vol groep op in die Ou Meul-teater in die Paarl.

“Wie ek is...” is Ghapi se tweede oorspronklike CD. Drie jaar na “In die diepkant in” sien die nuwe tweetalige album die lig.

Elf van die snitte is oorsponklike werke. In die tradisionele Ghapi styl, bestaan die CD uit kommersiële rock, met ’n titsel van ’n country klank.

Weens die groot aanvraag, is daar twee liedjies van ander kunstenaars ook opgeneem.

“The Devil went down to Georgia”, oorspronklik opgevoer deur The Charlie Daniels Band, gaan behoorlik die dansduiweltjies in jou wakker maak, en die passievolle “Stoom” van Amanda Strydom sal jou na mense laat verlang wat jy nog nie ontmoet het nie.

Kaartjies is R30.

* Saterdag 19 Julie om 20:00 is die kabaret “Sê jy ek’s dik?” om 20:00 op die planke (R60).

Sê jy ek’s dik is ’n snit uit die lewens van Amanda en Susan, twee oorgewig (kom ons sê maar vet) dames. Hulle vertel met krummels om die mond van hul daaglikse struwelinge met hul ‘gewigsvoordeel’.

Hier ruk hul alles uit van ooreet tot die dieet. Hul dans met passie en sing met oorgawe tot die vet vrou die fan strike.

Hierdie teks deur Marteni Burger konfronteer die gehoor met die ware vet. Die karakters word vertolk deur Yolande Rabe en Marika Reinke, met begeleiding deur Lukas Heinen.

* Saterdag 19 Julie om 10:00 is dit Prinses Jana en Tante Spinasie wat aan die beurt is.

Die keer word al die televisie-programme gesteel en Prinses Jana moet gaan ondersoek instel. So ontmoet sy die grillerige Tante Spinasie wat haar eie kookprogram het.

Kaartjies is R30.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za