Diabetes byeen
2008-07-10
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep hou Woensdagaand 16 Julie ’n vergadering om 19:00 in die Holy Trinity kerksaal. Die sprekers, waaronder Mandy Snyman, sal praat oor die verskille tussen Tipe 1 en Tipe 2 diabetes. Bring enige diabeet of belangstellende saam om hierdie vergadering by te woon. Die volgende ver- gadering is Woensdag 20 Augustus en die onderwerp handel oor diabetiese produkte. Skakel Kamaretha Beckert by 021-871- 1808 vir meer inligting.
More
News
|