Rugby-kalender
2008-07-10
ALLE rugbyklubs moet kennis neem van die Rugbykode klubvergadering wat volgende week Woensdag in die Huguenot Gemeenskapsaal plaasvind. Die vergadering begin stiptelik om 19:00. Kontak 082-731-4879. * Die Paarlstreek-uitklopfinale was Saterdag vanweë onspeelbare oppervlak uitgestel. Finale, asook ’n Sewe-aan-’n-kant-toer- nooi, sal op ’n latere stadium plaasvind. Paarlstreek se wedstrydbepalings vir dié Saterdag is: Young Gardens vs Violets (Gardens Park); Riverstones vs Laer Paarl (Daljosafat Stadion); Vineyards vs Young Standards (Daljosafat C-veld); Allandale vs Windmeul United (Allandale/Korrektiewe Dienste). Derdespan-wedstryde begin om 13:35 en die hoofwedstryde begin om 16:00. * Roses United speel Saterdag in ’n wegwedstryd teen Black Leaves op Gansbaai. Die bus vertrek om 08:00 vanaf Klaasenstraat in Wellington. * Riverstones Rugbyklub se ondersteunersklub hou Saterdag ’n dans by Charlie’s terwyl die Riverstones Juniors Saterdag ’n dans hou by 2 Shots (toegang R15). Inskryfvorms vir Mej Riverstones is beskikbaar by Elizabeth Seconds (021-862- 3744). * Almal wat belang stel om betrokke te wees by die Derbywedstryde tussen Klein Nederburg en New Orleans se Old Boys op 7 Augustus, kan vir Mark Goliath (084-374-2429) of vir Andries Pieterse (084- 097-1152) kontak in verband met rugby, en vir Wanda West (083-483-3781) of Michelle Pietersen (082- 813-7089) in verband met die netbal. Belangstellendes moet voor 31 Julie laat weet. * Albions speel Saterdag tuis teen Elsiesrivier. Wedstryde begin om 13:35 en die hoofwedstryd begin om 16:00. Na afloop van die wedstryde hou die klub ’n funksie.
More
News
|