Sone-span toon staal
2008-07-10
DIE rugbyspan van Wellington-sone het Saterdag met Worcester-unie op laasgenoemde se tuisveld afgereken. Die A-span het met 42-17 geseëvier. Wellington se drieë is gedruk deur Ricardo Samuels (2), Jaquin Koopman, Nowan Arendse en Burton Jacobs. Burton het ook geslaag met drie strafskoppe en vier doelskoppe en is na afloop van die wedstryd aangewys as die speler van die wedstryd. Die B-span het hul teenstanders met 17-5 geklop en die o.21’s het met 7-7 vasgeval. Wellington-sone se eerste netbalspan het die span van Worcester met 11-7 geklop. Die B- en die C-spanne het albei die knie gebuig teen hul eweknieë van Worcester. Hulle het onderskeidelik met 8-10 en 4-6 verloor. Die gesamentlike wedstryde in die Wellington-sone vind Saterdag by Windmeul Primêre skool plaas. Hekke open om 11:00.
More
News
|