Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Touwpark sink Newtons

Touwpark sink Newtons
 
2008-07-10


NEWTONS het in ’n wegwedstryd teen Touwpark die onderspit gedelf met 25-17.

Met die nederlaag is Newtons sy voorloperstatus kwyt en wag daar ’n opdraande stryd vir die manne in blou.

Newtons het die wedstryd goed afgeskop en was ná die eerste vyftien minute met 9-0 voor ná uitstekende spel van veral hul voorspelers.

Dit was die akkurate skopskoen van die losskakel Irvin Williams wat aan die besoekers die nege-punt voorsprong besorg het.

Touwpark het egter hul besoekers onkant betrap en ewe skielik ’n blitzkrieg van drieë behaal om die rustydtelling op 15-9 te bring.

Die gasheer het hierna nooit teruggekyk nie en het ná rustyd nog twee drieë ingeryg. Newtons kon slegs antwoord met een drie en ’n strafskop en kon dus geen bonuspunte uit die wedstryd kry nie.

Uitblinkers vir Newtons was die haker Roderick Loverlott, die agtsteman Delwaine Baron en die flank Eslin Snyders.

Newtons speel Saterdag tuis teen Rangers op Robertson en sal hoop op ’n beter uitslag as dée van die vorige twee weke.

Vir Newtons is ’n wenuitslag ononderhandelbaar indien hy nog ’n sê in die kompetisie wil hê.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za