Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roeiers baljaar op vol rivier

Roeiers baljaar op vol rivier
 
2008-07-10

Jaco van Wyk

DIE natuur se besluit om die reën die laaste paar dae behoorlik te laat neerstort het nie vir Graeme Solomon daarvan weerhou om te wys waarom hy een van die gunstelinge is om vanjaar se Isuzu Bergrivier Kanomarathon te wen nie.

Ondanks die winterweer het Solomon, met ’n wentyd van 3:45:51 ('n nuwe rekord), van meet af sy teenwoordigheid laat geld toe hy soos ’n pyl weggetrek het om onmiddelik die voortou te neem. Solomon het egter taai teenstand van Hank MacGregor (3:45:53) gekry, wat tot reg teen die einde in die wenner se nek geblaas het.

Heinrich Schloms en die oudWellingtonner Donnie Malherbe het vir ’n naelbyter gesorg toe hulle kop aan kop genael het vir die derde plek. Schloms het die spannende stryd gewen met ’n tyd van 3:48:16.

Hank MacGregor het verlede jaar se eerste skof met ’n wentyd van 4:33:28 voltooi.

Met die reën wat gister weer nie lyf weggesteek het nie, met die gevolg dat die riviervlak die hoogste was in jare, het roeiers ’n aansienlike hupstoot geniet en verlede jaar se tye maklik verbeter.

Die reën het nie die plaaslike gemeenskap afgeskrik nie en heelwat toeskouers het op die rivierwal gestaan om die roeiers aan te moedig.

Die Bergrivier kanomarathon, wat in 1962 vir die eerste keer plaasgevind het, duur vandag voort, nadat roeiers gister 62km voltooi het tot by Zonquasdrift.

Roeiers trek vanoggend weg op die tweede skof vir die 45,7km rit na Bridgetown.

Môre pak die roeiers die 74,8km roete wat hulle tot in Zoutkloof, naby Hopefield, sal neem, waarvandaan hulle Saterdag die laaste skof van 56km sal aanvat met die wenstreep wat in Velddrif op hulle wag.

Interessante uitslae word verwag weens die nuwe spankompetisie wat deel vorm van die marathon.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za