Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


St Georges te sterk vir Vineyards

St Georges te sterk vir Vineyards
 
2005-07-07


DIE manne van Vineyards Rugbyklub moes Saterdag gelyk gee dat St Georges voorwaar ’n kwaliteit-span is.

Die Paarliete moes in die Strand teen ’n sterk wind 33-12 die knie buig voor die tuisspan.

St Georges het in die eerste helfte saam met die wind gespeel en die 19-0 voorsprong wat hulle teen rustyd opgebou het, was te veel vir die Paarliete om in te haal.

Vineyards se sake is egter al vroeër deurmekaargekrap toe vier van sy staatmakers - Thaamir Moerat, Ali Smit, Adam Moerat en Ari Slamdien - weens werksverpligtinge op die nippertjie moes onttrek.

Die span se ervaring is verder ingekort toe die losskakel, Nasief Abrahams, binne die eerste tien minute die veld weens ’n rugbesering moes verlaat.

Die Vineyards-spelers het egter baie karakter getoon en in die laaste tien minute nog hard gedruk om ’n bonuspunt te probeer verseker.

Hier het Anwar Dalvie, Makie Heyns (wat ook die driedrukkers was), Abbas Hendricks, en Adli Moerat die leiding geneem. John Koopman was suksesvol met die doelskop.

Vineyards B het 17-0 verloor en die derde span het 24-5 gewen. Vineyards se derde span lê nou saam met St Georges C bo-aan die punteleer.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za