Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Erwe nou beskikbaar in kompleks

Erwe nou beskikbaar in kompleks
 
2008-07-17


ERWE in die Vrede veiligheidskompleks in Sanddriftstraat is tans beskikbaar vir ontwikkeling.

Die kompleks op die eiendom van die Carstens-broers oorkant die polisiekollege, word ontwikkel in samewerking met J van der Sluys van die Paarl.

Die ontwikkeling is vernoem na die plaas waarop die polisiekollege vandag geleë is wat behoort het aan die Carstens-broers se oupa, Andries Carstens.

Vrede is geleë op een van die mees gesogte terreine in die Paarl. Dit is stapafstand vanaf die Paarl middedorp, hospitale, mediese dokters asook naby Paarl Gimnasium Hoërskool en die WA Joubert Laerskool.

Johannes Barnard, besturende direkteur van A-Property Sales wat die projek bemark, sê die huise wat hier gebou word, sal ’n uitsig hê oor die wingerde en die Drakensteinberge asook Paarlberg in die weste.

Tydens die bekendstelling van die ontwikkeling het Barnard laat blyk dat daar 66 erwe sal wees wat in grootte sal wissel van 240 m² tot 500 m² en tans verkoop vir tussen R465 000 tot R800 000.

Saam met 14 duplekseenhede wat opgerig word, sal daar in totaal dus 80 eenhede wees.

Barnard sê die argitektoniese riglyne sal op alle wooneenhede van toepassing wees wat sal verseker dat almal in eenvoudige moderne Kaapse styl gebou word met gewels en priële.

Dit sal goed inpas by die heersende argitektoniese motiewe in die Paarl en sal verseker dat die standaard van die ontwikkeling deurgaans hoog bly.

Die riglyne maak voorsiening vir enkel- en dubbelverdieping vrystaande en halfvrystaande huise. Eienaars sal kan bou op tussen 40% en 50% van die erfoppervlak. Die maksimum boupersentasie is 75% indien kopers ’n dubbelverdiepinghuis bou. Dit beteken dat ’n huis van 180 m² gebou kan word op ’n erf van 240 m².

“Eiendom in ’n veiligheidskompleks is nie net ’n goeie belegging nie, maar ook hoog in aanvraag,” sê Barnard. “Dié veiligheidskompleks, een van slegs ’n handjievol in die Paarl, sal ’n goeie belegging wees vir ’n wye reeks kopers, aangesien dit naby skole, winkels en die Paarl Medi-Clinic is.”

Barnard sê beleggers word aangeraai om nou te koop en te bou, om betyds te verkoop vir die volgende oplewing in die mark, wat volgens Barnard in die tweede helfte van 2009 sal plaasvind.

Barnard kan geskakel word by 082 529 4955 of e-pos by johannes@aslo.co.za.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za