DIT is weer eens tyd om die Suid-Afrikaanse kelderwerker met die fynste neus te soek.
Die Pinotage Assosiasie se Wynproe-kompetisie vir Kelderwerkers is verlede jaar vir die eerste keer gehou en vanjaar word gehoop om 150 inskrywings te trek.
Slegs kelderwerkers sonder enige formele opleiding as wynmaker en wat nie op enige vlak as wynmakers werk nie, mag aan die kompetisie deelneem.
Distrikswenners word eers bepaal en dring dan deur na die finale ronde van die kompetisie waartydens strenger evaluasiemetodes gebruik word om die nasionale wenner aan te wys.
Die Wyn- en Spiritusraad borg kelderwerkers wat graag ’n voorbereidingskursus (aangebied deur Charl Theron) vir die kompetisie wil bywoon.
Sandra Lotz kan in die Paarl by info@paarlwine.co.za en Annelize Stroebel in Wellington by annelize@wellington.co.za gekontak word om in te skryf vir die kompetisie of om ’n voorbereidende kursus te doen. Die sluitingsdatum is 31 Julie.