Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blye vooruitsig pronk Dwars-in-die-weg

Blye vooruitsig pronk Dwars-in-die-weg
 
2008-07-17


OP die dag wat bekende eiendomsontwikkelaar Johan Pauw wag op die aankoms van sy eerste kleinkind, pronk hy self met trots by sy eie baba wat so pas voltooi is in die hartjie van die Paarl.

Pauw het sowat twee jaar gelede die erg vervalle woonstelblok, Vooruitsig, in Pastorielaan gekoop, sowel as die aangrensende geboue van Kannaland, die ou rottangwinkel, en die kantoor- en winkelgebou langsaan in die Hoofstraat, met vennoot John Downs. In hierdie afgeskeepte hoekie van dié historiese dorp, het hy nou wondere verrig wat nuwe lewe in dié gebied sal blaas.

Die woonstelblok Vooruitsig is ten volle tot sy vorige glorie gerestoureer met 18 spog woonstelle. Hiervan is daar slegs drie nog oor, so vinnig is hulle opgeraap.

Die winkel- en kantoorgebou in Hoofstraat (oorkant die biblioteek) het ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan met bykomende winkels en opgegradeerde kantoorspasie op die tweede en derde verdiepings.

’n Bykomstige kenmerk van die gebou is ’n dakkoepel en daktuin wat deel uitmaak van die nuwe restaurant wat in die historiese dubbelverdiepinghuis in Pastorielaan (voorheen Kannaland) in dieselfde kompleks gehuisves word.

In die onthaalsentrum op die dak sal funksies en konferensies gehou word, terwyl gaste ’n asemrowende uitsig oor die Paarl kan geniet.

Die restaurant word bestuur deur Carmen van der Merwe en sjef Westley Müller is van plan om ’n gesellige omgewing te skep met uitstekende aardse disse. Tans is winkeliers besig met versieringswerk, en teen die einde van die maand sal hiér ’n heel nuwe inkopie-ervaring gebied word met spogwinkels vir die kieskeurige verbruiker.

Om hierdie geboue van die sentrum met mekaar te verbind, is daar ’n private binnehof wat netjies geplavei en versier is, waar besoekers ’n koppie koffie of ligte ete in ’n ware Europese atmosfeer kan geniet.

Dwars-in-die-Weg is sowaar ’n pluimpie wat die Paarl se kwynende middedorp gaan opkikker.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za